Slaap kindjie, slaap sag

Tannie Jo ontkom korona-depressie só.

Liefde, goeie versorging, rus, humorsin en die nabyheid van die lappop wat sy vir ’n kleindogter gemaak het, is hoe tannie Jo Calitz (96) van Huis Uitkoms (Residentia Bethulie) in Bethulie daagliks sterk staan teen die uitdagings wat grendeltyd weens Covid-19 bring.

In aftreeoorde stel dit ook groot eise aan inwoners wat vir ’n lang tyd nie besoek van hul geliefdes kan kry nie en aan die personeellede wat met groot sorg na hulle omsien. Hierdie is die “kosbare foto” waaroor Blouwillem Theron eergister in sy weeklikse Goeiemôre-rubriek (op Maandae) geskryf het. Tannie Jo is die skoonma van
“Dik Daan” – een van die vriende oor wie Blouwillem in sy rubrieke komies skryf. Dik Daan is eintlik Daan Opperman (soos Theron ook ’n oud-Kovsie wat in Pretoria woon).

Thea Opperman, tannie Jo se dogter (en Daan se vrou), sê die deernisvolle foto wat ’n verpleegmatrone op haar versorgingsronde van haar geneem en aangestuur het, bring gemoedsrus en help die verlange stil.

Haar ma is bekend om die humorsin waarmee sy die lewe benader.

Tannie Jo geniet ook die gekorswel oor haar en haar skoonseun in die Blouwillemrubrieke.

In Huis Uitkoms word deesdae oor hul “bekende inwoner” geskerts.

https://www.netwerk24.com/ZA/Volksblad/Kontrei/slaap-kindjie-slaap-sag-20200422