Tehuis vier (op ’n afstand) sy 30ste

Huis Boland in Bellville (ook bekend as Residentia Boland) het op 25 April sy 30ste verjaarsdag gevier. Weens die koronavirus kon inwoners dit nie saam as ’n groep vier nie. Elkeen het egter steeds koek gekry. Inwoners is ook gevra om ’n verjaarsdaghoedjie te maak, te versier en ’n kaartjie te skryf. Hier is Christa Koegelenberg met haar hoed.